VF Plus Gemeenskappe

Jou toekoms word onteien. Neem terug jou toekoms! Raak nou betrokke!

VF Plus Gemeenskappe bied jou die geleentheid om op hoogte te bly van sake wat jou raak. Dit bied jou ook die geleentheid om betrokke te raak by jou gemeenskap en saam 'n beter toekoms te skep vir jou en jou kinders.

Emfuleni finaal op sy knieë

emfuleni_karre

Dienslewering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is vandag verder gekniehalter nadat daar op al die munisipaliteit se oorblywende diensleweringsvoertuie beslag gelê is as gevolg van agterstallige skuld.

Inwoners van Vereeniging, Drie Riviere, Vanderbijlpark, Sebokeng en Sharpeville sal voortaan geen hulp van die verkeer-, brandweer-, water en sanitasie-  en elektrisiteitsdepartement ontvang nie.

Die VF Plus se Gauteng leier, mnr. Jaco Mulder het reeds verlede week aangekondig dat die party ‘n  versoekskrif gaan rig aan die nasionale minister vir samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA), dr. Zweli Mkhize, asook aan die minister vir waterwese en sanitasie, mnr. Gugile Nkwinti, om onmiddellik in te gryp in die benaderde situasie waarin die Emfuleni-munisipaliteit verkeer.

Die ANC-regering is vir die totale in duie stort van hierdie munisipaliteit verantwoordelik. Die munisipaliteit is reeds met etlike honderde miljoene rand agterstallig aan diensverskaffers soos Eskom en Randwater.  Inwoners en besighede moet toenemend sonder elektrisiteit en water oor die weg kom.

Dit is duidelik dat die provinsiale ingryping onvoldoende is en dat beide die burgemeester en die Gautengse LUR vir samewerkende regering, Uhuru Moiloa se bestuurspanne weinig vordering maak.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Emfuleni om hul grondwetlike regte op te eis deur die VF Plus se versoekskrif te steun en ook betrokke te raak by inisiatiewe wat gerig is om die omgewing te verbeter en te beveilig.

Die versoekskrif kan by die volgende skakel onderteken word: https://www.gemeenskappe.co.za/red-emfuleni/

2 responses

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *