VF Plus Gemeenskappe

Jou toekoms word onteien. Neem terug jou toekoms! Raak nou betrokke!

VF Plus Gemeenskappe bied jou die geleentheid om op hoogte te bly van sake wat jou raak. Dit bied jou ook die geleentheid om betrokke te raak by jou gemeenskap en saam 'n beter toekoms te skep vir jou en jou kinders.

Emfuleni-inwoners dreig met protesaksie

Gemeenskappe_RED_Emfuleni_riool_2

Inwoners van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gaan nie langer betaal indien dienslewering nie ingrypend opgeknap word nie en die munisipaliteit kan groot protesaksies verwag indien daar op die huidige, onaanvaarbare trant voortgegaan word.

Dit was die boodskap wat die VF Plus en ? groep van 65 ontstoke inwoners van Emfuleni verlede Vrydag aan die burgemeester van Emfuleni, mnr. Jacob Khawe, gebring het. ? Versoekskrif met 7 000 handtekeninge oor die aangeleentheid is ook aan hom oorhandig.

Inwoners het genoeg gehad van ‘n dorp waar daar min of geen vullisverwydering is, waar kabeldiefstal daagliks plaasvind en waar daar ? tekort aan water is terwyl die munisipale tariewe verhoog word.

Met die oorhandiging van die versoekskrif het mnr. Khawe onderneem om binne sewe dae ‘n vergadering te reël en inwoners toe te spreek.

Die VF Plus sal seker maak die burgemeester doen sy woord gestand en dat hy met die mense van Emfuleni in gesprek sal tree om werkbare oplossings te vind.

One response

  1. How did you, the chosen members, got us, the people into this mess. Because the most workers don’t care or are not qualified for their jobs. We demand top quality services – we are paying. It is a disgrace how everything, including the Vaal river, is at the point of no return. I am ashamed to say I am living in Vanderbijlpark, I think it is now worse- than ever. Who is going to patch, mend, clean up, rebel oor City, including Vereeniging, to the grand place it once was. Those Who are incompetant, lazy and “don’t” care, please wake up. Be proud on your self and your work, then you will have a conscience and probably see what you are doing g to OTHERS, Who don’t deserve it. I am paying for “fresh air”? That you don’t even get, Just polkution and rubbish all over the place. Why pay if you do not receive any SERVICES? Shape up and give us 175%- because u owe us much more than that and stop ALL THE CORRUPTION AND START TO WORK, WORK WORK to better your self and the Community you are suppose to be SERVING.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *