VF Plus Gemeenskappe

Jou toekoms word onteien. Neem terug jou toekoms! Raak nou betrokke!

VF Plus Gemeenskappe bied jou die geleentheid om op hoogte te bly van sake wat jou raak. Dit bied jou ook die geleentheid om betrokke te raak by jou gemeenskap en saam 'n beter toekoms te skep vir jou en jou kinders.

Emfuleni-inwoners moedeloos oor dienste – dreig met betalingsboikot

Gemeenskappe_RED_Emfuleni_riool

Die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng, Drie Riviere), mnr. Jacob Khawe, stel nie belang in die welstand van dié dorp se inwoners nie.

‘n Groep inwoners het byna ‘n maand gelede ‘n versoekskrif met 7 000 handtekeninge, by die burgemeester se kantoor ingehandig waarin gevra is vir ‘n openbare vergadering om probleme te bespreek. Van sy onderneming om binne sewe dae terugvoer te gee, het egter niks gekom nie.

Khawe het wel by geleentheid erken dat Emfuleni onbestuurbaar geword het weens die groot skuldagterstand aan Eskom en Randwater. Die munisipaliteit se skuld aan Eskom beloop R650 miljoen en aan Randwater R400 miljoen.

Inwoners sukkel om die hoë dienstegeld te betaal terwyl daar feitlik geen dienste gelewer word nie.

Die VF Plus kan daarom nie inwoners kwalik neem as hulle weier om verder vir dienste te betaal nie.

2 responses

  1. Teleurstellend die dienste en die finansiele hantering. Ek gee nie om wie in beheer is nie maar verkies eerlikheid en samewerking as prioriteite.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *