RED EMFULENI VELDTOG
Ondersteun ons in hierdie veldtog om die minister van COGTA tot aksie te dwing deur ons vertoë te ondersteun.
Steun ons in hierdie aksie en maak ons hand sterker. Hierdie vertoë is ondersteunend tot die RED EMFULENI veldtog en sal ingehandig word aan die minister om aan te dring op aksie om te verhoed dat Emfuleni totaal in ‘n humanitêre krisis ontaard.
Versterk ons hand hierin en raak betrokke by jou toekoms!
Hoe meer steun ons kry hoe meer druk sal daar wees om hierdie krisis af te weer. U ondersteuning kan ‘n verskil maak.
RED Emfuleni Veldtog
Geagte inwoner
Die VF Plus Gauteng loods hiermee ‘n veldtog om Emfuleni uit ‘n humanitêre krisis wat al wyer uitkring te red.
Die veldtog behels verskeie stappe waaronder, die oorhandiging van ‘n versoekskrif om ingryping aan die minister van (Samewerkende regering en tradisionele sake) COGTA dr. Zweli Mkhize , die ondersteuning van gemeenskapsgroepe op verskeie vlakke om druk toe te pas en ook self beheer te neem oor sekere noodsaaklike dienste soos ondermeer vullisverwydering.
‘n Verdere versoekskrif om ingryping sal aan mnr Gugile Nkwinti, Minister van Water en Sanitasie oorhandig word rakende rioolstorting in die Vaalrivier wat ‘n duidelike oortreding van artikel van die Suid Afrikaanse grondwet is. Moontlike regsaksie in die verband word oorweeg.
Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die hele gemeenskap in die Emfuleni gebied om die versoekskrif aan die nasionale ministers te steun en u grondwetlike reg op behoorlike dienslewering nou op te eis.
Swak bestuur deur die ANC beheerde stadsraad van Emfuleni in Gauteng het oor tyd daartoe gelei dat dienslewering in die munisipale gebied in duie gestort het.
Die stadsraad is reeds met etlike honderde miljoene rand agterstallig aan noodsaaklike diensverskaffers soos ESKOM en Randwaterraad en inwoners en besighede moet toenemend sonder elektrisiteit of water oor die weg kom.
Rou riool vloei in groot volumes deur persele, beland in afvoerkanale, spruite en in die Vaalrivier.
Verskeie pleidooie en eise na die burgemeester van Emfuleni het op dowe ore geval. ‘n Afvaardiging van die VF Plus het gedurende Junie 2018 ‘n dringende gesprek met die Gauteng LUR van GOGTA, mnr Uhuru Moiloa gehad waar hy erken het dat die infrastruktuur in Emfuleni in duie gestort het.
Hierna het die Premier van Gauteng David Makura gedurende Junie 2018 aangekondig dat die uitvoerenderaad van Gauteng die Emfuleni munisipaliteit ingevolge artikel 139 van die Suid Afrikaanse grondwet vir ‘n tydperk onder administrasie van die provinsie geplaas.
Dit is egter duidelik dat hierdie ingryping deur die provinsie onvoldoende is en dat beide burgemeester en sy bestuurspan en LUR Uhuru Moiloa en sy Gauteng bestuurspan geen vordering maak.
Dit is nou tyd om te veg teen die volgehoue onteieining van ons toekoms en self beheer daaroor te neem.
Jaco Mulder
VF Plus Leier Gauteng
Ek eis my grondwetlike regte op en ondersteun die versoekskrif.
Emfuleni in fokus
Let wel: Slegs samewerking uit die gemeenskap kan van die proses ‘n sukses maak en daarom is dit uiters belangrik dat ieder en elk van die gemeenskapslede in Emfuleni betrokke raak by hierdie veldtog om sodoende ‘n mandaat te kan lewer aan die VF Plus om namens die gemeenskap van Emfuleni die huidige krisis te keer en om te draai en op die pad te plaas van goeie en betroubare dienslewering aan die belastingbetalers en gemeenskapslede van Emfuleni.
Dit is tyd om jou toekoms terug te neem uit die hande van korrupte en onbevoegte amptenare.