RED MOGALE CITY / SAVE MOGALE CITY
Ondersteun ons in hierdie veldtog om die regering tot aksie te dwing deur ons versoekskrif te ondersteun.
Hierdie versoekskrif is ondersteunend tot die RED MOGALE CITY / SAVE MOGALY CITY veldtog en sal ingehandig word aan Dr Mhkize om aan te dring op aksie om Mogale City weer te laat opstaan tot ‘n korrupsie-vrye juweel.
Hoe meer steun ons kry hoe meer druk sal daar wees om hierdie krisis af te weer. U ondersteuning kan ‘n verskil maak.
RED Mogale City | SAVE Mogale City
Geagte inwoner
Die Mogale City Stadsraad is sedert die 2016 plaaslike regeringsverkiesing toenemend in omstredenheid gehul met sigbare wanadministrasie, swak dienslewering en agteruitgang.
Die rooiligte flits vir Mogale City wat reeds soortgelyke simptome begin toon as Emfuleni in die Vaaldriehoek wat tans onder administrasie is en waar inwoners dikwels sonder krag en water oor die weg moet kom.
Neem kennis dat die Mogale City burgemeester mnr Patrick Lepudi op 28 Junie 2017 op ‘n ongrondwetlike wyse in sy amp verkies is en hoe die Gauteng provinsiale LUR vir COGTA (Samewerkende regering en menselike nedersettings) mnr. Uhuru Moiloa en sy voorganger mnr Paul Mashatile versuim om dit reg te stel en hulself daardeur medepligtig maak.
Hy was die voorsittende kiesbeampte tydens sy eie verkiesing.
Neem ook kennis dat die Mogale City stadsraad oor geen proklameerde reglement van orde beskik nie en dat alle besluite wat die raad sedert die Augustus 2016 plaaslike regeringsverkiesing geneem het by implikasie onwettig is.
Neem kennis van omstrede grondtransaksies en behuisingsontwikkelings by ondermeer Hekpoort en Tarlton en ook van ‘n onwettige poging van die ANC speaker om ‘n raadsbesluit op 22 Junie 2018 deur te forseer om ‘n R100 miljoen oortrokke fasiliteit te bekom.
Kort hierna het Rand Waterraad watertoevoer na 20 persent gesny omdat die Mogale City stadraad met R37 miljoen agterstallig is. Na ‘n interim betaling is watertoevoer weer herstel.
Dit is tyd dat alle gemeenskappe wat deur die Mogale City raad bedien word nou betyds saamstaan om verdere agteruitgang te verhoed.
Onderteken die versoekskrif aan die nasionale minister van COGTA (Samewerkende regering en menselike nedersettings) dr. Zweli Mkhize om in te gryp en eis jou regte grondwetlike regte nou op.
Die volledige inligting met ondersteunende wetgewing kan gelees word in die versoekskrif.
Veg saam teen die onteiening van ons toekoms.
Jaco Mulder
VF Plus leier Gauteng
Let wel: Slegs samewerking uit die gemeenskap kan van die proses ‘n sukses maak en daarom is dit uiters belangrik dat ieder en elk van die gemeenskapslede in Mogale City betrokke raak by hierdie veldtog om sodoende ‘n mandaat te kan lewer aan die VF Plus om namens die gemeenskap van Mogale City die huidige krisis te keer en om te draai en op die pad te plaas van goeie en betroubare dienslewering aan die belastingbetalers en gemeenskapslede van Mogale City.
Dit is tyd om jou toekoms terug te neem uit die hande van korrupte en onbevoegte amptenare.