VF Plus Gemeenskappe

Jou toekoms word onteien. Neem terug jou toekoms! Raak nou betrokke!

VF Plus Gemeenskappe bied jou die geleentheid om op hoogte te bly van sake wat jou raak. Dit bied jou ook die geleentheid om betrokke te raak by jou gemeenskap en saam 'n beter toekoms te skep vir jou en jou kinders.

Suid-Afrikaners se toekoms word onteien

VF Plus Gemeenskappe ICON

Suid-Afrikaners word daagliks toenemend gekonfronteer met eiendomsonteiening sonder vergoeding, wapenonteiening, swak dienslewering, ekonomiese druk en ‘n gevestigde geweldskultuur.

Die VF Plus het gisteraand as deel van sy 2019-verkiesingsveldtog in Gauteng tydens ‘n vergadering op Vanderbijlpark gesê dat ANC-populisme en ? onvermoë om effektief te regeer, in werklikheid tot gevolg het dat Suid-Afrikaners se toekoms onteien word.

Die uitvloei van kundigheid uit staatsdepartemente en staatskaping is die direkte oorsake van swak dienslewering in Suid-Afrika.

Die VF Plus veg teen rasdiskriminerende wetgewing, beskerm die regte van minderhede en staan die behoud van die vryemarkstelsel voor.

Die party het reeds ‘n bewese rekord as effektiewe opposisie- en regeervennoot waar veelparty-koalisies in stadsrade aan bewind is.

Die ANC-regering moet in 2019 by die stembus vervang word met ‘n veelparty-koalisie waarvan die VF Plus deel sal uitmaak.

One response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *