VF Plus Gemeenskappe

Jou toekoms word onteien. Neem terug jou toekoms! Raak nou betrokke!

VF Plus Gemeenskappe bied jou die geleentheid om op hoogte te bly van sake wat jou raak. Dit bied jou ook die geleentheid om betrokke te raak by jou gemeenskap en saam 'n beter toekoms te skep vir jou en jou kinders.

VF Plus-Gauteng trek streep in die sand oor Emfuleni

RED Emfuleni v1

Die VF Plus gaan ‘n versoekskrif rig aan die nasionale minister vir samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA), dr. Zweli Mkhize, asook aan die minister vir waterwese en sanitasie, mnr. Gugile Nkwinti, om onmiddellik in te gryp in die benaderde situasie waarin die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng verkeer.

‘n Humanitêre krisis dreig in die munisipale gebied van Emfuleni wat onder meer Vereeniging, Drie Riviere, Vanderbijlpark, Sebokeng en Sharpeville insluit.

Swak bestuur deur die ANC-beheerde stadsraad van Emfuleni het oor tyd daartoe gelei dat dienslewering in die munisipale gebied in duie gestort het. Die stadsraad is reeds met etlike honderde miljoene rand agterstallig aan noodsaaklike diensverskaffers soos Eskom en Randwater en inwoners en besighede moet toenemend sonder elektrisiteit of water oor die weg kom.

Rou riool vloei in groot volumes deur persele, beland in afvoerkanale, spruite en in die Vaalrivier vanweë rioolpompstasies wat nie deur die raad onderhou is nie en ‘n omgewingsramp is onafwendbaar.

Verskeie pleidooie en eise aan die burgemeester van Emfuleni het op dowe ore geval. ‘n Afvaardiging van die VF Plus het in Mei 2018 ‘n dringende gesprek gehad met die Gautengse LUR vir GOGTA, mnr. Uhuru Moiloa, waar hy erken het dat die infrastruktuur in Emfuleni in duie gestort het en die munisipaliteit toe ingevolge Artikel 139 van die Suid-Afrikaanse Grondwet deur die premier van Gauteng onder administrasie geplaas is.

Dit is egter duidelik dat hierdie ingryping deur die provinsie onvoldoende is en dat beide die burgemeester en LUR Uhuru Moiloa se bestuurspanne weinig vordering maak.

Philip van Staden, VF Plus-LPW, het gister in die Gautengse wetgewer ook sy kommer uitgespreek oor die feit dat Emfuleni se belange nie behoorlik gedien word nie nadat die uitvoerende burgemeester van die raad, mnr. Jaco Khawe, bedank het om sy taak as Gautengse sekretaris van die ANC op te neem.

Dieselfde plaaslike ANC-politici wat verantwoordelik was vir die totale ineenstorting van die raad, is nog aan die stuur van sake en Gauteng se LUR en premier het ook met hul oorsigrol gefaal deur toe te laat dat dienslewering agteruitgaan.

Die premier van Gauteng, die LUR vir GOGTA en die uitvoerende burgemeester van Emfuleni het hulself reeds skuldig gemaak aan die oortreding van Wet 82 van 1998 wat die verpligtinge en etiese gedrag van uitvoerende openbare ampsbekleërs reguleer.

Die besoedeling van die Vaalrivier as lewensaar is verder ‘n duidelike oortreding van Artikel 24 van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat handel oor die beskerming van die omgewing.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Emfuleni om hul grondwetlike reg op te eis deur hierdie versoekskrif te steun en ook betrokke te raak by burgerlike inisiatiewe wat daarop gerig is om hul lewensruimte te verbeter.

21 responses

  1. It’s just disgusting what has been allowed to happen to our town and someone needs to be held responsible for this!

  2. An absolute disgrace. Please get and keep our water clean now, this shouldn’t have happened, government, anc, is neglecting everything, sis man.

  3. ELM must stop stealing the money and fix the infrastructure, and if it can’t be paid back get the forfeiting units to cheese their, or families property to recover the losses.

  4. Service delivery has come to a complete stop yet werr still expected to pay for services! The Emf municipality has been captured and all funds gone. It’s been a year since the munic is under Admin yet nothing has changed – frustrating is an understatement!

  5. It’s disgusting to say the least, yet we’re still expected to pay for services which are non existent. Help save our water, roads and sanitation. The situation is absolutely unacceptable.

  6. We have been living in Vereeniging 43yrs it is disgusting to see our town in this state nobody visits us anymore to ashamed

  7. Stop om ons geld te steel en gebruik dit reg kyk die vrot stink water ons sal vrek wend die geld reg aan vir die regte doeleindes en hou op geld steel en luukse karre te koop ons betaal vir n diens wat aan ons gelewer moet word maar waar is die diens dis swak van julle Emfuleni julle stink.

  8. What a disgrace and shame on those chosen to serve people . They however sit and neglect there prime responsibility despite the fact that many of us still pay for service delivery . Incompetant or pure disrespect and ignorence of there task ?

  9. Die enigste manier om ons Emfuleni reg te kry is om almal onder een sambreel te kry vir die betalings van elektrisiteit en water. Daar is duisende wat vir geen dienste betaal nie want hulle soek alles verniet. Kyk waar staan ons nou, die Vaaldriehoek is besig om te vergaan. Wie gaan dit ooit regkry om verandering te bring? Skande op skande.

    1. Beste Eloff. Dit is juis wat ons probeer om reg te kry met die RED Emfuleni veldtog. As ons kan help dat die inwoners van Emfuleni uit een mond kan praat en kan saamstaan is dit al klaar ‘n stap vorentoe.

  10. Het hulle ABSOLUUT GEEN trots nie? En GEEN verantwoordelikheidsin teenoor die belastingbetalers / kiesers nie??

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *